rooikoos
New Niva Petrol Head
Posts: 12
Registered: Dec 11, 2009 14:37:05 GMT 2
Karma: Exalt | Smite
|
Post by rooikoos on Dec 14, 2009 9:41:54 GMT 2
Ek kort bietjie raad in die verband, want ek weet nie meer nie.
My voorste brieke bly lock, het nou al die sisteem heeltemal deurgebloei, springs op die calipers vervang, briekblokkies vervang, en die dekselse goe lock nogsteeds?
het enige iemand dalk raad?
|
|
|
Post by danie on Dec 14, 2009 18:27:32 GMT 2
Rooikoos, ek het voorheen n soortgelyke probleem met n motorfiets ondervind, en vermoed jy het dalk dieselfde probleem met jou Lada. Ek sal aanbeveel dat jy die brieksilinders heeltemal uitmekaar haal, en baie seker maak dat die pistons behoorlik skoon is. Enige aanpaksels of vuiligheid op die pistons, asook korrosie, kan veroorsaak dat dit vassteek, en die remme dan "lock" - dit was die probleem met my motorfiets. Kyk ook mooi of die brieksilinder seels nie geswel of beskadig is nie. Dit kan ook probleme veroorsaak. En kyk ook gerus na hierdie link op Baxter se webblad, rakende dieselfde onderwerp: www.ladaniva.co.uk/baxter/resources/Front_brakes.htmHoop jy kom reg. Groetnis Danie
|
|
Hercules
Veteran Niva Petrol Head
Lada - your peace of mind to take on the world's vast landscapes.
Posts: 785
Location: Gauteng
Town: Benoni
Registered: Oct 2, 2009 11:55:41 GMT 2
Karma: Exalt | Smite
|
Post by Hercules on Dec 14, 2009 20:33:34 GMT 2
Rooikoos, kyk na jou "mastersilinder" en "brakebooster". Wanneer hulle deurlek is jou brieke geneig om te "lock" op die kortste lyn, m.a.w. die voor brieke. Die ander probleem wat die "mastersilinder" ook kan veroorsaak, is dat indien die silinder nie "release" nie, kan die remvloeistof nie terug vloei nie en hou dan die remme vas. Haal die "mastersilinder" uitmekaar en maak alle onderdele skoon en vervang die seƫls, dit behoort die probleem op te los.
Hoop jy kom reg.
Groete.
Hercules.
|
|
|
Post by danie on Dec 15, 2009 6:09:39 GMT 2
Indien jy mastercylinder seels benodig, kan jy Fiat Uno seels gebruik, dit pas perfek:
Part no. 4396 - behoort by enige plek wat motoronderdele verkoop, beskikbaar te wees.
Groetnis
Danie
|
|